MOSSELBAAI NUUS - Die Food Point Supermark op Mosselbaai is gister, op Woensdag, 27 April beroof.
Volgens polisiekommunikasiebeampte, Ao Kappie Kapp het vier gewapende mans, wie se gesigte met klapmusse (balaclavas) bedek was, om 14:00 die winkel binne gestorm.
“Een het ‘n vuurwapen gehad en nog ‘n verdagte was met ‘n mes gewapen. Die kassier is met ‘n vuurwapen aangehou en die verdagtes het met selfone en ‘n onbekende bedrag kontak te voet gevlug.”
Volgens Kapp word die moontlikheid dat ‘n wegkom-voertuig gebruik is nie uitgesluit nie.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Die Mosselbaai-polisie ondersoek ‘n saak van besigheidsroof.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'