MOSSELBAAI NUUS - Die Love Supermark in Blandstraat, Mosselbaai is vanoggend beroof.
Polisiewoordvoerder ao Kappie Kapp, sê 'n voorlopige ondersoek dui daarop dat vyf gewapende mans die winkel om ongeveer 09:30 binne gegaan het.
Die winkeleienaars is aangerand en met 'n vuurwapen gedreig waarna 'n onbekende bedrag kontant en selfone gesteel is.
Die verdagtes is steeds op vrye voet. Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte in die saak, ao Francois Pick te kontak by 044 606 2805.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’