MOSSELBAAI NUUS - Brande wat reeds 'n maand in die Suid-Kaap woed, is uiteindelik grotendeels geblus. Brandbestryders het verbete geveg teen brande wat oor 'n wye area gewoed het sedert die eerste vlamme op 21 Oktober eiendomme in die Vermaaklikheid-area verwoes het.
Op Woensdag, 21 November het die Tuinroete-distriksmunisipaliteit aangekondig dat die gesamentlike bestuursentrum wat die brandbestrydings gekoördineer het, ontbind het hoewel daar plek-plek steeds areas gemonitor word.
Volgens die Suid-Kaapse Brandbeskermingsvereniging het verskeie van die areas waar brande voorgekom het, uitstekende neerslae tydens die afgelope week se reën gekry.
In die groter Mosselbaai, waar brande by Jonkersberg daartoe gelei het dat die gemeenskap op 'n stadium hul eiendomme moes ontruim, is 53 mm gemeet en is die brand in geheel geblus.
Ander areas waar goeie reëns gemeet is, is Kruisfontein - 65 mm; Buffelsnek - 78 mm; Bergplaas - 85 mm; Garcia - 26 mm; Lottering - 70,5 mm; Mosselbaai - 21,6 mm en Witelsbos - 61 mm.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'