TUINROETE NUUS - Braaidag het vir groot opwinding onder Mosselbaai en George se skiboothengelaars gesorg toe twee plaaslike skiboothengelaars, Rikus Bester Flying Fish Charters en Justin McCarthy van Supreme Marine besluit het om 'n diepsee hengelkompetisie te reël.
Die Triple S-kompetisie, wat verwys na silwer kabeljou, santer en stokvis, het 28 skibote en meer as 120 hengelaars gelok.
Verskeie plaaslike besighede het ingespring en met borge gehelp en die hengelaar met die grootste vis van die onderskeie spesies het elk met 'n kontantprys van R5 000 weggestap.
Die prys vir die grootste santer het aan Marco van der Bank gegaan terwyl Kobus Burger die prys vir die grootste kabeljou ingepalm het. Angelique Reyneke het et die louere vir beste vroue-hengelaar van die dag weggestap.
Kobus Burger het die grootste kabeljou uitgetrek.
Manoli Verdoukas hier saam met Angelique Reyneke wat die beste in die vroue-afdeling gevaar het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'