MOSSELBAAI NUUS - Caritas Care Mosselbaai kon ondanks 'n uitdagende jaar met verskeie struikelblokke hul sertifikaatoorhandiging hou.
Vyftien studente, onder wie vyf Georgiete het tydens 'n spogfunksie by die Diaz Strand Hotel hierdie vrug van hul arbeid gesmaak.
Die studente het 'n tweejaarkursus in pastorale narratiewe terapie, geakrediteer by die Universiteit van Pretoria voltooi.
Hulle is Marchelle van Wyk, Nelia Barnard, Willem en Anoesjke Pozyn, Linda Engelmohr, Madelaine Pretorius, Mandi Jonker, Brendie Kruger, Dorathy Cedras, Pauli Westraad, Wilna Redelinghuys, Surika Louw, Alec J van Rensburg en Adelle de Nobrega.
"Hierdie jaar het swaarkry, onsekerheid en verlies ingehou, maar studente het ook geleer van aanpasbaarheid, toewyding, veerkragtigheid, doelwitte, groepsondersteuning, passie en groei. As 'n groep en individueel was dit vir hulle 'n wenjaar. Met hierdie kwalifikasie het hulle nie net hulle eie stories herskryf nie, maar kan hulle ook ander help om die outeur van hulle eie lewe te wees, om hulle eie droomstorie te leef. Ons is gelukkig dat hierdie kursus hier op eie bodem in Mosselbaai aangebied word," berig Barbara Muller van Caritas.
Vir meer inligting, skakel 082 829 8133.
Studente wat hulle kwalifikasie in pastorale narratiewe terapie ontvang het saam met van hulle dosente tydends die sertifikaatoorhandiging. Foto: Julian Scholtz
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'