MOSSELBAAI NUUS - Drie mense het gistermiddag 'n noue ontkoming gehad toe hulle by Tweedestrand in Danabaai geswem het en in die moeilikheid beland het.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is na die toneel ontbied.
Die strandgangers is na wat verneem word van 'n moontlike verdrinking gered en minstens een is met 'n ambulans na 'n hospitaal in Mosselbaai geneem.
Geen verdere besonderhede is tans bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'