MOSSELBAAI NUUS - Danabaaiers spog deesdae met nuwe straatnaamborde waarop 'n uitbeelding van die betrokke fynbos waarna strate in hierdie woonbuurt vernoem is, voorkom.
Dié nuwe straatnaamborde word tans aangebring op al die hoofroetes in die area en sal mettertyd regdeur die woonbuurt pryk.
"Die straatnaamborde volg nadat die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal aan alle wyksraadslede fondse bewillig het om spesifieke behoeftes in hul wyke aan te spreek. Benewens die straatnaamborde, is in die Aslapark-gedeelte van Wyk 11 ook reeds spoedboggels en 'n speelpark vir die kinders aangebring," sê wyksraadslid Marie de Klerk.
Raadsheer Levendal sê elk van die 14 wyksraadslede is per wyk fondse bewillig om spoedig en deeglik aan wykspesifieke behoeftes aandag te gee.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'