Gallery
MOSSELBAAI NUUS - 'n Sormsterkwind het gisteraand, Vrydag 4 Augustus omstreeks 23:00 erge skade in Mosselbaai aangerig.
'n Gedeelte van die dak van die ou Frog Rock-woonstelle naby die Punt is afgeruk en 'n geut wat afgeruk is, het in die wind rondgeswaai en ook 'n venster gebreek.
Volgens Annette Strydom, inwoner van woonstel 14, was dit angswekkend.
'n Kennisgewingbord by Milkwood Laerskool is omgewaai en 'n boom voor 'n bekende Backpackers in Marshstraat het omgewaai.
Verskeie ander bome se droë takke het ook afgewaai.
20mm reën is by sommige plekke gemeet.
ARTIKEL & FOTO'S: TERSIA MARAIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'