MOSSELBAAI NUUS - Die Garden Route Clivia-klub het op Saterdag, 5 Oktober 'n uitstalling aangebied.
Plaaslike kwekers het die skoonheid van die Clivia-blom ten toon gestel.
Hierdie was die vierde uitstalling, en het by die Reebok-gemeenskapsaal, in Klein-Brakrivier plaasgevind.
Dit was 'n Gemeenskapsgedrewe geleentheid en die Clivia-skou was oop vir beide kwekers en kopers, of vir diegene wat net wou rondkyk.
Foto: Elaine van der Toorn
Die gemeenskap kon vir hul gunsteling blomme stem en daar was ook heerlike pannekoeke te koop.
Die Garden Route Clivia-klub val onder die sambreel van die Clivia-vereniging. Hulle is in samewerking met Clivia-klubs en individuele Clivia-entoesiaste.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’