GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Groot Brakrivier Polisie loods hierdie komende Sondag hul veldtog vir 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders.
Sersant Lauriane (Pippie) Botha, 'n dryfkrag agter hierdie veldtog, sê hulle voel geëerd om vir advokaat Marilyn Scheepers Olifant van Pacaltsdorp asook Monica Brown Daniels by dié geleentheid te verwelkom.
Brown Daniels, vertel Botha, is 'n inboorling van Groot Brak en die enigste konsultant vir geslagsgebaseerde geweld (of GBV, soos dit algemeen bekendstaan) in die land.
Botha nooi almal uit om hierdie geleentheid by te woon. Dit word by die VGK Groot-Brakrivier (Watsonialaan) om 14:00 aangebied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’