MOSSELBAAI NUUS - Die oliebrander, klas 19D, nommer 3321, stoomlokomotief wat intussen tot "Jessica" herdoop is, is in Maart 2016 na Ceres hervestig waar sy as een van 'n stal lokomotiewe vir die Ceres Railway Company toeriste vervoer.
Jessica het onlangs weer in Mosselbaai by Voorbaai vir roetine onderhoud onder die vaardige vakmanskap van Bobby Rudman en sy span aangedoen.
Hierdie naweek sal weer vir stoomtreinentoesiaste 'n skouspel oplewer wanneer Jessica huiswaarts keer.
Sondagoggend vanaf kort voor 09:00 is die Hartenbosstasie net die plek om te wees - die beplande tyd vir die treine se vertrek is om 09:10.
Daar is talle plekke langs die spoor waar die twee ou lokomotiewe met hul passasierswaens op hul tog na Ceres te siene sal wees, onder meer by die spoorkruisings by Cooper, of op die Herbertsdalepad.
Die personeel by die Transnet Lokomotiefhersteldepot in Voorbaai het ook 'n tweede klas 19 lokomotief na sy oorspronklike vorm gerestoureer.
Die vorige klas 19D lokomotief is vroeër suksesvol gerestoureer en het op eie stoom die rit na Ceres voltooi.
Die personeel maak seker dat Jessica, die oliebrander-stoomlokomotief wat Mosselbaai vir 'n roetinediens besoek het, in tip-top toestand is voordat sy hierdie naweek weer koers kry Ceres toe. Foto: Dave van der Merwe
Hierdie naweek sal die twee olibranderlokomotiewe, Jessica en Dominique, beide klas 19D's, nommers 3321 en 3322 Voorbaai se stof afskop wanneer hulle weer na hul nuwe tuiste op Ceres vertrek.
Dis sal 'n belewenis wees om twee stoomlokomotiewe te kan sien wat passasierswaens trek wanneer hulle vertrek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'