Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Zettie Jonker Hulpsentrum se Fair to November-karnaval wat Saterdag, 26 November by die skool in Aalwyndal gehou is, was 'n reuse sukses.
Lede van die publiek kon vooraf weddenskappe plaas op die 34 stokperde wat deelgeneem het aan verskeie wedrenne van so 40 meter elk.
FOTOGALERY: Zettie Jonker Hulpsentrum se Fair to November-karnaval
Die verskeidenheid interessante jokkies en hul gevolg het vir groot pret onder die toeskouers gesorg en heerlike eet- en drinkgoed het bygedra tot die karnaval atmosfeer.
Die personeel was aangetrek as mimiek-kunstenaars wat 'n belangrike simboliese betekenis vir die skool en die rede vir die fondsinsameling het.
Volgens Yolande Delport, simboliseer dit dat almal 'n stem het en dat hulle/die mimiek-kunstenaars praat namens dié wat nie kan nie.
Die fondse wat deur die weddenskappe en kosverkope ingesamel is, word gebruik om opleidingsapparate vir opvoedkundige programme aan te koop.
Zettie Jonker, hoof van die hulpsentrum sê: "Ons is ongelooflik dankbaar vir ons ouers en die gemeenskap wat dié inisiatief so mooi ondersteun het om vir ons kinders wat nie kan praat nie, 'n manier te gee om wel te kommunikeer. Ons gaan volgende jaar baie vroeër begin met die aanlyn-weddenskappe, want dit het die meeste van die fondse ingebring."
Michelle Pienaar, Kiki Pienaar en Mea Bronkhorst.
Die Jacobs-gesin het Team Maverick ondersteun by die stokperdresies.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'