Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die video van Petronel Baard se nuutste lied, Sterredak Heelal, word môre, Saterdag 3 Desember, eksklusief op KykNET se Ontbytsakeprogram vrygestel.
Die lied se storie strek terug na 23 Desember 2021 toe Petronel en Helena Marais vir die eerste keer paaie gekruis het.
Sterredak Heelal is 'n viering van die siklus van die lewe - vanaf die verwondering vir die wêreld as kind, tot die ontnugtering wat almal op 'n latere stadium ervaar.
"Ek het destyds besef dat ek 'n liedjie gehad het wat in my laai lê en so het Sterredak Heelal gestalte gekry die dag toe ek Petronel vir die eerste keer ontmoet het.
Baie dankie Petronel Baard vir hierdie avontuur - ek kon nie gevra het vir iemand meer perfek om hierdie liedjie vlerke te gee nie!” vertel Helena Marais. Petronel vertel: "Ek het onlangs 'n onderhoud met die immergroen radiopersoonlikheid Johan Allers, wat in Nederland bly, gehad.
“Die komplimente stroom in oor ons lied, wat 'n riem onder die hart is. Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning en die bekendstelling van Sterredak Heelal in ander dele van die wêreld." Petronel tree op 21 tot 23 Desember op in 'n Kers-pantomiene The Manger Next Door by die Pinnacle Events Venue.
Sy is op 4 Desember om 12:00 by die Peperboom op Groot-Brakrivier en die aand by NG Kerk Hartenbos-gemeente se Kerssangdiens. Petronel, Riku en Jackie Lätti gaan ook op 31 Desember 'n spesiale Oujaarsaandhuiskonsert in Klein-Brakrivier hou.
VIDEO - Sterredak Heelal:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'