MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Besigheidskamer is benoem as onder die top 3 finaliste in die Ahi-eerbewyse vir 2022 in die kategorie MyAHi Sakekamer van die jaar. Ander mededingers is die Clanwilliam en George Besigheidskamers.
Die Mosselbaai-munisipaliteit se GROEI-strategie sluit ‘n sterk fokus in om die plaaslike ekonomie te stimuleer en hierin is die Mosselbaai Besigheidskamer ‘n onmisbare vennoot.
Saam ondersteun die twee organisasies reeds jarelank die konsep “Koop plaaslik”.
Mosselbaaiers kan hulle bydrae lewer en “plaaslik ondersteun” deur tot en met 24 Oktober vir die Mosselbaai Besigheidskamer te stem.
Vanjaar het die Mosselbaai Besigheidskamer die beste groei in jare getoon met ‘n 30% toename in lidmaatskap. Die organisasie hou maandelikse netwerkgeleenthede waar sprekers optree en lede geleentheid kry om hulle diens of produk bekend te stel.
Ondersteun die Mosselbaai Besigheidskamer en STEM by https://forms.gle/1sRhtmy24oFSLKwE8.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'