MOSSELBAAI NUUS - As jy nog nie planne het op Erfenisdag, 24 September nie, maak seker dat jy die NG Kerk Brandwacht se kankerstap bywoon.
Hierdie pretstap vind oor 'n afstand van 6km plaas in die pragtige Ruiterbos-omgewing en volg 'n sirkelroete vanaf Ruiterbosch Lodge.
Waterpunte is op die roete beskikbaar. Die geleentheid behels egter heelwat meer as net 'n stappery, maar is inderdaad 'n pretdag vir die hele gesin. Daar is braaivleisetes, boereworsrolle, pannekoek en ander lekkernye te koop, asook warm en koue drinkgoed.
Registrasie is vanaf 08:00 en die wegspring om 09:00. Gelukstrekkings om 11:00 hou 'n verdere paar verrassings in. Koste is R30 vir volwassenes en skoolgaande kinders. Vir navrae, kontak Liesel (044 696 5141 of 083 422 2141) of Jeanette (082 812 2797) of stuur e-pos na japie@absmail.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'