MOSSELBAAI NUUS - Die NG Kerk Brandwacht bied op Erfenisdag, Maandag 24 September ('n vakansiedag) 'n stap vir kanker aan.
Daar sal 'n 4km en 'n 10km stap wees, albei in die pragtige Leeukloofvallei, met die begin- en eindpunt by die Leeukloofwerf.
Die staptogte begin vanaf 09:00. Die koste is R50 vir volwassenes en hoërskoolkinders en R30 vir laerskoolkinders.
Daar sal braaivleisetes, boereworsrolle, koeldrank en koffie te koop aangebied word en 'n gelukstrekking aan die einde van die stap. Waterpunte langs die staproete sal beskikbaar wees.
Die koördinate van die begin is: S33.954194° E22.073321°.
Vir meer inligting, stuur e-pos na japiec@absamail.co.za of kontak Liesel (044 696 5141 of 083 4222 141) of Jeanette (044 631 0050 of 082 812 2797).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'