TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Die ysige koue en sneeu die afgelope tyd het gelukkig ook sy voordele, want die Hessequa-streek se damme is weer lekker vol.
Die Olive Grovedam het met 'n pragtige 13% gestyg, die Duivenhoksdam in Heidelberg en Jongensfonteindam is steeds vol en die Korentepoortdam in Riversdal is amper daar.
In die Mosselbaai-omgewing lyk die stand van damme goed in vergelyking met verlede jaar.
Die Hartebeeskuildam bly egter 'n bekommernis.
24 Augustus
- Korentepoortdam - 90% - 39,4mm reën (week) - 72,2mm reën (maand)
- Duivenhoksdam - 100%
- Olive Grovedam - 75%
- Jongensfontein dam - 100%
27 Augustus
- Hartebeeskuildam - 2,22% - 3,35mm reën (week)
- Klipheuweldam - 40,69% - 11,55mm reën (week)
31 Augustus
- Korentepoortdam - 92,85% - 17mm reën (week)
- Duivenhoksdam - 100%
- Olive Grovedam - 88%
- Jongensfonteindam - 100%
- Ernest Robertsondam - 97,54% - 13,8mm reën (week)
- Wolwedansdam - 53,03%
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'