MOSSELBAAI NUUS - Op die oggend van 28 Desember tussen 00:30 en 07:00 is daar by een van Hartenbos se stalletjiehouers se bakkie ingebreek.
Die voertuig was in Maqabanga straat in Kwanonqaba ten tye van die voorval. Leerhandsakke en sowat 250 siersteenhangertjies met 'n totale waarde van R18 900 is gebuit.
Enige persoon met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, sersant Rudi Swanepoel (082 488 0536 of 044 606 5600) te kontak.
Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'