Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Werknemers van die Watson-skoenfabriek op Groot-Brakrivier het op Woensdag, 18 Julie steeds gestaak.
Dit is die tweede week van 'n landswye staking by skoenfabrieke waaraan 90% werknemers deelneem. Volgens Eben Delport van die vakbond Nulaw hou die staking ook verband met die uitbreiding van die gesinsverantwoordelikheidsvoordele vir die werknemers se gesinne.
"Tans is vakbonde se versoek 'n 9.5% verhoging en die werkgewers bied 6.25% aan." Volgens sekretaris-generaal van Nulaw, Ashley Benjamin het onderhandelinge 'n dooiepunt bereik. Benjamin het stakende werknemers van die Watson-skoenfabriek op Maandag, 16 Julie vroegoggend toegespreek. "Die werknemers staan steeds sterk en sal voortgaan om te staak."
Benjamin sê die staking is vreedsaam.
Teen die ter perse gaan is gesprekvoeringe in Durban gehou sodat partye tot 'n moontlike ooreenkoms kon kom. Lees die verwikkelinge op die Mossel Bay Advertiser se webwerf.
Lees 'n vorige artikel: STaking by skoenfabriek duur voort
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'