MOSSEL BAY NEWS - Die Mosselbaai-landdroshof het Vrydag 29 Augustus met trane afskeid geneem van Bonita Abrahams, ’n langdienende aanklaer, wat nou afgetree het.
Sy was vir meer as 18 jaar ’n aanklaer en waarnemende streekhofbeheeraanklaer.
Vrydag was haar laaste dag in die hof. Haar kollegas, insluitende lede van die SAPD in Mosselbaai, het buite die gebou in twee rye gestaan om haar te groet.
Abrahams het die gebou onder applous van haar vriende en kollegas verlaat.
Onder die geklank van die Mosselbaai Maestro-orkes se pragtige musiek het sy uitgestap na haar man en twee seuns wat gewag het om haar huis toe te neem.
Abrahams het die gebou verlaat onder die applous van haar vriende en kollegas. Foto: Gabriélla Siebritz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’