MOSSELBAAI NUUS - Die volgende vergadering van die Houtwerkersgilde is op Dinsdag, 6 April om 18:00 by Sias Coetsee se huis, Katjiepieringstraat 27, Hartenbosheuwels.
Die onderwerpe wat bespreek gaan word sluit 'n praatjie deur Jan Gous in. Hy praat oor die konstruksie en bou van staanhorlosies.
Dan word lede ook genooi om te sê watter aspekte van draaiwerk hulle meer oor wil uitvind, asook die soort beitels wat daarvoor nodig is en hoe om dit te slyp.
Navrae kan aan Sias Coetsee (082 821 7164) gerig word.
"Almal is baie welkom."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'