MOSSELBAAI NUUS - Die Kleuter Akademie in Hartenbos het 'n onvergeetlike konsert gehou in die Walvis-saal by die ATKV-oord.
Elke mamma, pappa, oupa en ouma was in vervoering oor die pragtige danspassies en vrolike kindergesiggies.
Met groot opoffering het Juffrou Coreen Heever en haar span die jongspan afgerig om 'n suksesvolle konsert aan te bied.
Met 'n ontspanne atmosfeer, goeie orde, lekker musiek en kospakkies om aan te knibbel, was dit 'n groot sukses.
"Hierdie kleuters het 'n staande ovasie verdien. Welgedaan en volgende jaar maak ons weer so," sê twee baie trotse ouers, Jaun Prierré en Nadia du Plessis.
Van die deelnemers aan die konsert in hul vrolike uitrustings.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'