MOSSELBAAI NUUS - Die St Blaize-crèche in Gelderbloemstraat, D'Almeida, vier volgende jaar op 17 en 18 November, hulle 50ste bestaansjaar.
By hierdie geleentheid sal daar 'n spesiale gedenkboekie oor die mylpaal uitgegee word. Vir die afgelope halfeeu het die crèche 'n baie belangrike rol in die gemeenskap gespeel.
Die prinsipaal, sr Maria-Albertina Basson, sê: "Die gedenkboekie is iets waarna ons almal geweldig uitsien, omdat dit die oud-kleuters en die Mosselbaai-gemeenskap op 'n herinneringsreis van die afgelope 50 jaar sal terugvat.
"Ons geplan om foto's met byskrifte en die samevatting van die geskiedenis uit daardie tydperk te publiseer."
Sr Basson, die bestuur en beplanningskomitee van die crèche vra dat besighede of oud-kleuters van die crèche wat enige bydrae tot die uitreik van die boekie wil maak, haar kontak (044 693 0102, 072 669 2525, stblaizecreche@gmail.com).
Daar sal bemarkingsgeleenthede in die boekie wees, vir dié wat kan help.
Die crèche is 'n pilaar van die gemeenskap en speel 'n groot rol in die opvoeding van kinders.
Sr Maria-Albertina Basson (in wit) met die crèche-personeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'