MOSSELBAAI NUUS - Hierdie naweek, 17 en 18 November, gaan die St Blaize-crèche in Gelderbloemstraat, D'Almeida, hulle 50ste bestaansjaar vier.
By hierdie geleentheid sal daar 'n spesiale gedenkboekie oor hierdie mylpaal uitgeegee word.
Vir die afgelope halfeeu het die crèche 'n hoogsbelangrike rolM in die gemeenskap gespeel.
Die prinsipaal, sr Maria-Albertina Basson, sê: "Die gedenkboekie is iets waarna ons almal geweldig uitsien, omdat dit die oud-kleuters en die Mosselbaaigemeenskap op 'n herinneringsreis van die afgelope 50 jaar sal terugneem.
"Ons geplan om foto's met byskrifte en die samevatting van die geskiedenis uit daardie tydperk te publiseer."
Suster Basson, die bestuur en beplanningskomitee van die crèche vra dat besighede of oud-kleuters van die crèche wat enige bydrae tot die publikasie van die boekie wil maak, haar kontak (044 693 0102 of 072 669 2525 of stuur e-pos na stblaizecreche@gmail.com).
Daar sal bemarkingsgeleenthede in die boekie wees, vir dié wat kan help.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'