Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees is Donderdagaand, 15 September amptelik geopen.
Die gala-geleentheid het by die Garden Route Casino se Bravo Lounge plaasgevind.
FOTOGALERY: Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees amptelik geopen
Verskeie amptenare van die Mosselbaai munisipaliteit het die geleentheid bygewoon asook verteenwoordigers van die sportsoorte wat betrokke gaan wees by die sport- en rekreasiefees vanaf 16 September tot 23 Oktober.
Cornelle Carstens, woordvoerder van die munisipaliteit het die verwelkoming gedoen waarna waarnemende burgemeester, onder-burgemeester Cliffie Bayman die sportfees amptelik geopen het.
‘n Video is ook tydens die verrigtinge vertoon van boodskappe van prominente persone soos minister Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van sport en kultuursake, Alan Winde, premier van die Wes-Kaap asook verskeie sportmanne en vroue.
“Tonight we feast, but tomorrow, let the games begin,” het waarnemende burgemeester, onderburgemeester Cliffie Bayman sy toespraak afgesluit.
Die gala-opening van die Sport- en Rekreasiefees by die Garden Route Casino se Bravo Lounge. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Mosselbaai nuus'