MOSSELBAAI NUUS - Beplanning vir vanjaar se Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees is in volle swang. Die fees vind vanaf 16 September tot 8 Oktober plaas.
Alle belangstellende sportklubs en /of sportorganisasies word genooi om ‘n vergadering op 14 Julie om 14:00 in die raadsaal van die Mosselbaai-munisipaliteit, Marshstraat 101, by te woon. Die word tydens die vergadering bespreek.
Die Sport- en Rekreasiefees word deur die Munisipaliteit gekoördineer. Die doel van die fees is om ‘n gesonde leefstyl aan te wakker, asook om die dorp en plaaslike toerisme te bemark. Deelnemende sportsorganisasies of klubs reël elk hul eie byeenkomste tydens die Sport-en Rekreasiefees.
Vir meer inligting kontak die kantoor van die direkteur van gemeenskapsdienste by (044-6065007), of George Sikhona (sportontwikkelingsbeampte) by 044 606 5000, of stuur e-pos na smtotywa@mosselbay.gov.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'