MOSSELBAAI NUUS - Die première van Petronel Baard se splinternuwe produksie, ’n Blom in Elke Vrou, word by ArtSpace op Mosselbaai aangebied.
Dit bied ’n betowerende reis van die vreugde en verlies van menswees deur die seisoene heen.
Petronel sê sy het inspirasie uit Madine Swart se boek, Flora se Geheime Taal geput, en sy maak ook gebruik van Mardene Marais van Cordis Trust se gedigte.
Die teks is saamgestel met insae van tuinboukundige, Ernst van Jaarsveld en plantaktivis, Jan Odendaal van GreenforlifeSA. Dit word aangebied met musiek in ’n lig-klassieke formaat.
Petronel tree saam met ’n orkes op onder leiding van Franco Engelbrecht, met Johan Engelbrecht op viool en kitaar en Lelane van der Merwe op tjello. Die verhoogontwikkeling, kostuums en dekor word deur Alta Scott van Deur-die-Blare-blommekuns hanteer. Die projek is ’n netwerkontwikkeling van veral vroue-entrepreneurs wat ook borge van die geleentheid is.
Die konsert vind om 19:30 op Vrydag, 11 Junie in die Dias Museum plaas. Deure open 18:00. Toegang is R150 per persoon en besprekings kan by Abé Meintjes gemaak word (083 268 3718).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'