TUINROETE NUUS - Bella Peens (neé Moolman) is op 21 Maart 1929 in Delmas gebore en was een van nege kinders waar hulle op 'n plaas grootgeword het. Tannie Bella het haarself as verpleegster bekwaam maar na haar troue was sy voltyds ma vir haar kinders.
Vir haar vyf kinders, nege kleinkinders en 12 agterkleinkinders is sy 'n inspirasie.
Sy is die gom wat die familie aanmekaarhou en het gereelde kontak met almal oor die wêreld heen.
Sy is 'n kind van die Here wat haar Skepper voluit dien, altyd vriendelik is en steeds op 90, boonop nog 'n bok vir sports ook is. Haar lewe is 'n voorbeeld en 'n inspirasie vir almal wat haar ken. Sy is 'n inwoner van die ACVV Kenani-dienssentrum en 'n geliefde gesig met haar "4 x 4-loopraam" waarmee sy nog self inkopies saam met haar dogter Ester Prinsloo doen.
Die familie het die afgelope naweek in Struisbaai byeengekom om haar 90ste verjaardag te vier. Daar is baie gelag, gehuil en met groot dankbaarheid die Here geloof vir die wonderlike voorreg om 'n moeder en ouma se lewe saam met haar te kon herdenk.
Van die familie, wat die groot verjaarsdag saamgevier het, het vanoor die wêreld gekom.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'