MOSSELBAAI NUUS - Maria Goliath het uiteindelik weer 'n tuiste na haar huis in Februarie verlede jaar deur 'n brand verwoes is.
Goliath het ná die brand by The Haven Night Shelter gaan woon, en dié organisasie het dan ook gehelp dat haar huis die nodige herstelwerk geniet.
Van The Haven se kliënte het hul tyd opgeoffer om te help bou, verf en skoonmaak, plaaslike sakeondernemings het boumateriaal voorsien, en The Haven-personeel, vriende en bure het ook handjie bygesit om van die projek 'n sukses te maak.
Na maande se harde werk, liefde en gemeenskapsamewerking is die huis uiteindelik voltooi, het The Haven se bestuurder, Celesta van der Merwe, gesê. Die sleutel is verlede Woensdag, 9 Julie, aan Goliath oorhandig.
Goliath het haar opregte dank uitgespreek teenoor elkeen wat 'n rol gespeel het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’