Update
MOSSELBAAI NUUS - Nadat kwellings oor die sogenaamde olieputte weer onlangs opgeduik het, is 'n gesamentlike inspeksie deur die owerhede na die Bayview-koolwaterstofstorting vandeesweek by die Transnet-goedereterrein gehou.
Verteenwoordigers van die Breede-Gouritz-opvanggebiedbestuursagentskap (BGCMA), die Mosselbaai-munisipaliteit, die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, en die departement van omgewing, bosbou en visserye (DEFF) - Oseane en Kusgebiede, het ook terreininspeksie gedoen.
Die munisipaliteit wag op 'n volledige verslag oor die uitslag van die ondersoek.
Die inspeksie en ondersoek is deur advokaat Tandiswa Jacobs, adjunkdirekteur by DEFF - Oseane en Kusgebiede, gelei.
Die senior bestuurders van Transnet Freight Rail het toegegee dat die situasie dringend is.
Verteenwoordigers van verskeie departemente het vandeesweek die olieputte in Bayview besoek om te besin oor die pad vorentoe:
Vorige artikel: Olieputte loop by fasiliteit oor
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'