MOSSELBAAI NUUS - Danksy die broodnodige skenking van die Mosselbaai-munisipaliteit het die Paul M Draay-sopkombuis net betyds 'n hupstoot met voorrade gekry.
Die skenking was een van die vele gemeenskapsprojekte wat die burgemeester van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal in samewerking met nie-regeringsorganisasie en wyksraadslede in verskillende wyke implementeer om behoeftige mense in die groter Mosselbaai van warm etes te voorsien.
Die nasionale inperking vanweë die Covid-19-pandemie is tans besig om sy tol te eis onder behoeftige huishoudings.
Hierdie skenking is dus 'n teenvoeter omdat die Paul M Draay-sopkombuis tans meer as 300 mense op 'n Donderdag van etes bedien in die Highway Park- en Civic Park-woongebiede.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'