MOSSELBAAI NUUS - Sonskynvallei se rugbyveld vorder. Die gedeelte agter die nuwe rugbyveld word tans gelyk gemaak met die nuwe voorgestelde grondvlak.
Swaar masjinerie is ook vandeesweek ingebring om die aangrensende wal te begin breek sodat die nuwe veld se lengte bepaal kan word.
Dié grond sal dan oor die lengte van die veld versprei word, waarna nuwe bogrond ingebring word. Dit word bo-oor die veld versprei.
Hierna word die veld gelyk getrek met behulp van masjinerie wat lasertegnologie gebruik om die presiese hoogtes te bepaal sodat die korrekte val op die veld behaal kan word om voorsiening te maak vir afvloeiwater.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’