TUINROETE NUUS - Turksvy Publikasies beplan 'n heerlike skrywersnaweek aan die einde van April teen die voet van die Outeniquaberge.
Die gasheer is Estelle Brits van Over the Mountain-gastehuis op Herold aan die bopunt van die Montagupas.
"Die program is vir beginners sowel as gevestigde skrywers," verduidelik Hannes Visser, een van die stigters van Turksvy Publikasies en voormalige redakteur van die Oudtshoorn Courant, susterskoerant van die Mossel Bay Advertiser.
Die program strek van Saterdagoggend, 30 April tot Maandag, 2 Mei wat 'n vakansiedag is.
Die naweek sluit twee nagte akkommodasie, ses etes, en 'n propvol skryfprogram in. Daar is plek vir slegs agt mense.
"As jy wil asemskep en drie dae aan skryf, gesels en vars berglug wil toewy, stuur vir ons 'n e-pos turksvypublikasies@gmail.com) of WhatsApp (083 467 1522) vir besonderhede ten opsigte van koste en die program. Ons hoor graag van jou."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'