MOSSELBAAI NUUS - 'n Groep inwoners van onder meer Groot Brak, Klein Brak en Mosselbaai kom weekliks bymekaar vir 'n motorfietsrit.
Die groep noem hulself die Sometimers en hulle kom weekliks by 'n vulstasie op Hartenbos bymekaar.
Die afgelope week het meer as 30 van die motorfietsryers mekaar ontmoet en Heroldsbaai toe gery vir ontbyt.
Elke Donderdag eet hulle by 'n ander restaurant in die omgewing.
"Dit is regtig 'n lekker groep mense bymekaar," merk een van die Sometimers op.
Enigeen is welkom om by die groep aan te sluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’