Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Om tydens die Covid-19-pandemie net vars lug in te asem is vir die Sometimers, ‘n nie-amptelike saamrygoep elke Donderdag ‘n poging om weg te kom van die stres en net die natuurskoon daarbuite te geniet.
Die motorfietsryers vat elke Donderdag die pad, soos die weer dit toelaat en gaan eet dan ontbyt saam.
Die groep het vanoggend, 28 Januarie saam vertrek van af Mosselbaai tot by Hoekwil waar hulle ‘n ontbyt geniet het.
Fotogalery: Sometimers vat die pad
Die naam Sometimers kom daarvan dat hul uitstappies nie verpligtend is en net soms, soos dit jou pas, ry almal saam. Die groep akkomodeer ook enige motorfietstipe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'