MOSSELBAAI NUUS - Te midde hulle visie om gemeenskapsontwikkeling op 'n holistiese manier aan te pak, skep Solidariteit Helpende Hand 'n geleentheid om mense toe te rus om hulle werk met ywer te doen.
Hierdie maatskaplike konferensie, die vierde wat aangebied word in die Wes-Kaap, vind op Dinsdag, 15 Maart by die Diaz Hotel se Pero Diaz-lokaal plaas.
Die konferensie getiteld, Die wil om te help, bied 'n unieke geleentheid aan die deelnemers om hulle netwerke uit te bou.
"Deelnemers kan 'n bederfoggend verwag, waartydens nie net hulle kennis en vaardighede uitgebrei sal word nie, maar hulle ook inspirasie sal ontvang om hulle werk met nuwe moed aan te pak," verduidelik Marlise Labuschagne, assistent-streekorganiseerder van die Wes-Kaap.
Die geleentheid vind plaas tussen 08:30 en 13:30. Toegang sluit 'n middagete in.
Sprekers is Marieta Kemp met die tema, Die risiko-omgewing waarbinne nie-regeringsorganisasies werk; Annelise de Jager (2022 'n Jaar van geen verskonings nie), Elizabeth Myburg (Lewenstyl-medisyne vir emosionele gesondheid) en Cornelle Carstens (Moenie murmereer, floreer).
Besprekings kan hier gedoen word.
Vir meer inligting, skakel Marlise Labuschagne (071 390 7766).
"Daar is ook bemarkingstafels beskikbaar om jou organisasie kan bemark. Hiervoor kan jy 'n banier op slaan, pamflette en enige ander bemarkingitems bring om uit te stal. Slegs 'n sekere aantal plek is beskikbaar," verduidelik Labuschagne. Om jou tafel te bespreek, stuur 'n e-pos aan marlise@helpendehand.co.za
Cornelle Carstens, nuusredakteur van die Mossel Bay Advertiser is ook onder die sprekers. Foto: Mariska Visagie
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'