Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die soektog na ‘n gemotoriseerde sweeftuig wat na bewering vanoggend, op Maandag, 19 September in die see naby Reebok gestort het, gaan môreoggend voort.
Plaaslike reddingsdienste is vanoggend kort na 07:00 na die toneel duskant Kusweg ontbied, nadat ‘n inwoner die NSRI-Mosselbaai ontbied het.
Volgens die NSRI beweer die inwoner hy het ‘n gemotoriseerde sweeftuig in die see sien stort.
Reddingspanne is reeds sedert vanoggend op die toneel maar ‘n wydskaalse soektog het teen die ter perse gaan niks opgelewer nie.
Die kommunikasiebeampte van die Groot-Brakrivier-polisiestasie, sers Lauriane Botha, versoek dat enigeen met inligting die polisie kontak by 082 552 1682. Die soektog sal môre hervat word.
VIDEO - Vermiste hangsweeftuig: EMS oor soek-operasie:
VIDEO - Metro Rescue explains why public cannot be allowed to use drones in a search and rescue operation:
Vorige artikels:
- Reddingshelikopter help soek na vermiste hangsweeftuig
- Search ongoing after hang glider reportedly crashed into the sea
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'