MOSSELBAAI NUUS - 'n Grootskaalse soektog is vanmiddag op Sondag, 20 Maart deur reddingspanne op Mosselbaai van stapel gestuur nadat 'n 21-jarige man glo van die rotse afgeval het.
Die voorval het tussen Die Punt en die Mosselbaai Golflandgoed plaasgevind.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat 'n vrou kort na die voorval, by 'n omliggende woning in Cecil Shepherd straat, in die gebied om hulp gevra het.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Die rotse naby die St. Blaize wandelpad. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'