MOSSELBAAI NUUS - Die polisie het vandag, op Woensdag 13 April met ‘n snuffelhond by die Hoërskool Punt op Mosselbaai opgedaag om die klaskamers te deursoek.
Die snuffelhond, Sticks het op een sakkie dagga afgekom. Die skool het tans 1 312 leerders.
Skoolhoof, mnr Adolph Gouws sê dit was ‘n gesamentlike operasie tussen die skool, die buurtwag en die Mosselbaai-polisiestasie.
“Ons het die besluit geneem om die snuffelhond deur die skool te stuur omdat ons onlangs twee insidente gehad het waar dagga in ‘n leerder se besit gevind is. Ons gaan nie die handel van dwelms by ons skool duld nie en wou 'n duidelike boodskap uitstuur dat ons leerders se veiligheid en gesondheid eerste kom.
"Ons wou seker maak ons skool en die leerders is veilig,” sê Gouws.
Gouws sê hy is dankbaar vir die resultate. “Dit kon soveel erger wees.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'