MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos Drawwersklub bied op Saterdag, 31 Desember hul jaarlikse Oujaarsdraffie van 10km-wedloop aan.
Daar sal ook 'n 4km pretdraf of -stap vir die minder fikses wees. Die 10km wedloop begin om 07:00 en die 4km pretdraf of -stap begin om 07:30.
Beide wedlope begin en eindig by die ATKV Hartenbos-amfiteater.
Inskrywings kan vooraf, tot 20 Desember by ASWD se kantore of by Hartenbos Drawwers-klub gedoen word. Gebruik die volgende kontakbesonderhede: epos by hartenbosdrawwers@gmail.com of aanlyn by www.aswd.co.za. Laat-inskrywings kan op 30 Desember tussen 14:00 en 17:00 by die ATKV Hartenbos-amfiteater gedoen word.
Waterpunte sal by die 3,5km en 7km bakens asook by die eindpunt voorsien word. Alle atlete wat die 10km-wedloop binne twee uur voltooi, sal medaljes ontvang terwyl diegene wat die 4km binne een en 'n halfuur voltooi ook medaljes sal ontvang.
Vir enige navrae kontak, Petro (072 259 6759) of Freddie (083 294 2640).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'