MOSSELBAAI NUUS - Tussen Mosselbaai-provinsiale hospitaal en Life Bay View-privaathospitaal is daar slegs een babatjie vanjaar op Kersdag verwelkom.
Die provinsiale hospitaal het sy eerste en enigste babatjie, 'n klein dogtertjie, om 01:13 verwelkom. Sy weeg 2.77 kg.
Bay View het geen geboortes op Kersdag gehad nie. Daar is wel die vorige dag, 24 Desember, drie babatjies gebore.
Volgens 'n verklaring deur die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand, is daar in totaal 172 babas op Kersdag in dié provinsie gebore - 93 was seuntjies en 79 dogtertjies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’