MOSSELBAAI NUUS - Die Neill Calitz-skietklub se maandelikse skietkompetisie vir Maart vind môre, Saterdag 4 Maart, op die Pienaar-skietbaan plaas. Die kompetisie begin om 09:00 en duur tot ongeveer 13:00.
Alle lede is welkom om deel te neem.
Vir enige navrae kontak Suzette (082 478 8090).
Klubfunksie
Die klub se 2022-afsluiting en 2023-verwelkomingsgeselligheid vind op Donderdag, 9 Maart vanaf 17:00 in die klubhuis van die Mosselbaai Posduifklub plaas. Dit is langs die Mosselbaai Dierehospitaal in Horisonstraat, Mosselbaai geleë.
Lede en hul gades word na die geleentheid genooi. Die geselligheid sal die vorm van 'n braai aanneem en die koste beloop R50 per paar. Diegene wat dit gaan bywoon, word gevra om hul eie drinkgoed, glase en eetgerei saam te neem.
Bevestig asseblief voor 4 Maart u bywoning en die getalle op die skietklub se Whatsapp-groep of vir Suzette by 082 478 8090.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'