MOSSELBAAI NUUS - Twaalf skuts van die Neill Calitz-skietklub het hul skietvernuf Saterdagoggend in 'n geniepsige windjie op die Pienaar-skietbaan getoets. Dit was die klub se maandelikse skietkompetisie en die skuts het mekaar behoorlik opgedreun.
Hoewel Willie Germishuys en Gerrie Bester beide met twee eerste plekke agter hul name spog was dit Suzette Herrer wat aan die einde van die dag met die meeste punte (46) vir die dag gespog het.
Hannes Ingram en Gert Nel het ook puik vertoon en neem gesamentlik die tweede plek in met 44 punte. Willie eindig vierde met 43 punte, Gerrie vyfde met 42 punte en Calie Brown sesde met 39 punte.
Willie het almal uitgestof in die snelvuur oor 20m, maar dit was Gerrie en Gert Nel wat vir die vertoning van die dag gesorg het toe beide 5/5 in die metaal silhoeëtte oor 10m tot 20m behaal het.
Uitslae
.22 oor 10m:
1. Willie Germishuys en Calie Brown; 3. Hannes Ingram, Suzette Herrer en Danie le Roux; 6. Johanna Germishuys; 7. Gert Nel; 8. Ivan Maddison en Donovan Day; 10. Liam Brown; 11. Gerrie Bester; 12. Hans Willemse.
.22 oor 20m:
1. Gert Nel; 2. Danie le Roux; 3. Calie Brown; 4. Willie Germishuys en Donovan Day; 6. Hannes Ingram, Suzette Herrer en Gerrie Bester; 9. Hans Willemse; 10. Johanna Germishuys; 11. Ivan Maddison; 12. Liam Brown.
Snelvuur oor 20m:
1. Willie Germishuys; 2. Hannes Ingram; 3. Suzette Herrer; 4. Gerrie Bester; 5. Gert Nel; 6. Hans Willemse; 7. Donovan Day; 8. Liam Brown; 9. Johanna Germishuys en Danie le Roux; 11. Ivan Maddison; 12. Calie Brown 76.
Metaal-silhoeëtte 10m - 20m:
1. Gerrie Bester en Gert Nel; 3. Willie Germishuys, Hans Willemse en Suzette Herrer; 6. Ivan Maddison en Johanna Germishuys; 8. Hannes Ingram, Calie Brown en Liam Brown; 11. Danie le Roux en Donovan Day
9mm oor 10m:
1. Gerrie Bester; 2. Calie Brown en Hannes Ingram; 4. Suzette Herrer; 5. Ivan Maddison; 6. Danie le Roux; 7. Johanna Germishuys en Gert Nel; 9. Hans Willemse.
Spanskiet - metaal-silhoeëtte 20m:
1. Donovan Day en Johanna Germishuys; 2. Suzette Herrer en Calie Brown, Gerrie Bester en Willie Germishuys; 4. Danie le Roux en Hans Willemse, Liam Brown en Hannes Ingram, Ivan Maddison en Gert Nel.Skietdatums
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 15 Junie vanaf 09:00 plaas en die klub se volgende skietkompetisie op Saterdag, 2 Julie. Vir enige navrae oor die skietklub kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'