Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Garden Route 4x4 Expo and Outdoor Show het gister in Bartelsfontein begin. Vandag op die program is viertrekpret op die baan, ‘n kinderpgrogram met opgeleide oppassers en ‘n vermaakprogram wat die voete sal laat jeuk.
Die skou open amptelik om 12:00, maar hekke open om 09:00.
‘n Verskeidenheid stalletjies vir nie net uitmuntende buitelugprodukte nie, maar tuisopknappingsdemonstrasies is ook te siene by die Home Expo op dieselfde terrain.
FOTOGALERY: Garden route 4x4 Expo skop af
Programhoogtepunte sluit in Die Ventertjies, ‘n boeremusieksensasie wat vanaand om 18:00 optree waarna Fatman van SA The Voice op die verhoog sal wees.
Video -Garden Route 4x4 Expo and Outdoor Show skop af
As jy ‘n paar prag-vellies en ‘n plaashoed het om mee te spog, maak seker dat jy om 13:00 by die feesterrein is. Groot pryse te wen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'