MOSSELBAAI NUUS - Skietaktiwiteite van die Neill Calitz-skietklub sal weer op Saterdag, 4 Februarie hervat word.
'n Saamkuiergeleentheid om 2022 se skietaktiwiteite behoorlik af te sluit en 2023 se aktiwiteite te bespreek, sal in Februarie gehou word.
Reëlings aangaande hierdie saamkuiergeleentheid sal op 4 Februarie gefinaliseer word.
Klubgelde vir bestaande lede is steeds R250 per lid per jaar en vir nuwe lede R300 per lid per jaar.
Vir enige navrae oor die klub kontak vir Suzette by (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'