Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Wanneer meer as 40 motorfietsryers hul oggend opoffer om deel te neem Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek, lê hulle harte op die regte plek.
Vroegoggend op Donderdag 11 Februarie het motorfietsryers in Kaapweg voor Laerskool Park begin bymekaarkom om skooltassies aan die nuutverkose leerlingraad te oorhandig.
Die Skooltassie-projek behels dat ‘n tassie met al die nodige skryfbehoeftes aan graad 1‘s voorsien word. Dit maak elke jaar ‘n reuse verskil in kinders se lewens en meer as 8 000 tassies is reeds oorhandig.
Volgens Marlise Labuschagne, assistent-streeksorganiseerder vir die Suid Kaap, doen skole op Helpende Hand se webblad aansoek. Skole wat ‘n behoefte het aan skryfbehoeftes kan Magriet Potgieter, die Helpende Hand Mosselbaai-takvoorsitter, kontak (082 897 3369).
Kyk 'n video hieronder.
Volgens Solidariteit Helpende Hand se webblad, strek die Skooltassie-projek wyer as om net ’n tassie vol skryfbehoeftes in ’n graadeentjie se hand te plaas.
Dit skep hoop, gee selfvertroue en verseker die kind dat daar iemand is wat in hom of haar glo.
Regoor Suid-Afrika is daar duisende graadeens wat opgewonde en vol selfvertroue hulle skoolloopbaan betree, maar daar is ook duisende kinders wat opdaag met ’n paar stomp potlode en ’n uitveër wat halfpad gekou is. Vir Helpende Hand is die Skooltassie-projek ’n hartsaak.
Vir die afgelope 13 jaar slaag ons daarin om duisende tassies regoor die land te versprei. Daar word gereeld navorsing gedoen om seker te maak dat die inhoud van die tassie voldoen aan meeste van die skole se skryfbehoefte vereistes.
Kyk nog 'n video hier:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'