Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS - Toe die nuwe skooljaar op Woensdag, 17 Januarie begin het Pierre Uys, die ANC se hoofsweep in die provinsiale wetgewer en ANC-raadslid Jovan Bruinders verskeie plaaslike skole besoek met die oog daarop om ondersteuning te bied.
Bo en behalwe 'n paar plaaslike laerskool, is hoërskole soos Hillcrest, Sao Bras en ook laerskole in die buitewyke van Mosselbaai besoek.
Volgens raadslid Bruinders is die probleme van die leerder- en ouergemeenskap van Brandwag wat nie tans vervoer skool toe het nie, hoog op hulle agenda.
Die span het tydens hulle besoek aan skole gesprek gevoer met skoolhoofde en navraag gedoen oor uitdagings met die oog daarop om daarvan werk te maak.
Kyk 'n video hieronder:
Volgens raadslid Bruinders, sal daar in die verskillende wyke ook komitees gestig word wat die gemeenskap spesifiek dien met betrekking tot skolekwessies.
In diens van die skolegemeenskap. Die ANC se hoofsweep in die provinsiale wetgewer, Pierre Uys (tweede van regs) en ANC-raadslid Jovan Bruinders saam met 'n afvaardiging op besoek aan skole met die aanvang van die nuwe skooljaar. Hier is hulle by Erika Primêre Skool. Die waarnemende skoolhoof, Miriam Fielies is derde van links.
Klik hier vir nog foto's van die eerste skooldag.
ARTIKEL & FOTO'S: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'