MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Sao Bras se biblioteek spog met 'n nuwe aansig nadat dit onlangs opgeknap is.
Togerus met nuwe rekenaars wat deur die munisipaliteit geborg is, het die biblioteek nou toegang tot die internet sodat leerders navorsing kan doen.
Nuwe leesboeke is deur anonieme skenkers gegee asook deur die skool se onderwysers aangekoop. Nuwe vloere asook nuwe blindings is geïnstalleer.
Mevrou Irene Jones, wie verantwoordelik is vir die opknapping van die biblioteek het aan die Mossel Bay Advertiser vertel dat sy wou hê dat die biblioteek oorgedoen moes word sodat Sao Bras-leerders in die veiligheid van die skoolgronde hul take kan doen en nie na publieke biblioteke hoef te stap nie.
Die biblioteek kort nog leesboeke en sê dat skenkings van die publiek vir verwelkom sal word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'