Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Leerders van Laerskool Kenmare in Krugersdorp, is tans op Mosselbaai om die Oyster Catcher-staproete aan te durf om 'n 12-jarige leerder, Chermelle Maasdorp van Upington, te help, wat 'n kogleêre inplanting benodig. Sy is doof gebore en sal ná die operasie kan hoor. Sy maak gebruik van liplees en is tans in graad 6.
Maasdorp is al 'n geruime tyd op 'n waglys vir dié inplanting.
FOTOGALERY: Laerskool Kenmare Oyster Catcher stap
Die groep stappers het Woensdag, 4 Oktober, om 09:00 vertrek vanaf Vleesbaai en begin stap om geld in te samel vir Maasdorp.
Met verskeie projekte soos Drieë vir drome en Doele vir drome wat met sportbyeenkomste gepaard gaan, gaan hulle 'n kwadrupleeg, Jay Bee Farmer, 'n graad 8 leerder van die Hoërskool Martie du Plessis in Bloemfontein, ook help ná Farmer in 'n baie ernstige ongeluk betrokke was.
Die roete bied ook die geleentheid vir die stappers om meer oor die plant-, see- en voëllewe, en die ryk argeologiese en maritieme geskiedenis van die Fransmanshoek Bewaringsgebied, te leer.
VIDEO VERSKAF:
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’