GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Groot-Brakrivier Primêre Skool het die afgelope Saterdag sy tweede pretloop aangebied.
Die stappers het die oggend by die skool bymekaargekom en tot by Suiderkruis gestap.
Die dag het egter nie net loop vir die pret behels nie, maar sommer 'n swem in die rivier en 'n gesellige braai ook ingesluit.
Stappers is ook deur 'n gemeenskapsorkes begelei, wat beslis tot die gees bygedra het.
Die skool sê die geleentheid is goed deur die gemeenskap ondersteun waarvoor die skool elkeen hartlik bedank het.
Sien meer foto's op die skool se Facebook-blad hier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’